Performance

Monthly Listeners

Current

Followers

Current

Streams

Current

Tracks

Current

Popularity

Current

Top Releases

View All

Spontaan

39M streams

39,022,759

Die Lot

7.8M streams

7,835,136

Rowwe Bliksem

6M streams

5,982,166

From Now On

4M streams

3,962,641

Haai Haai

3M streams

3,046,450

I'm On Fire - Spotify Singles

2.8M streams

2,769,677

There Was Jesus

2.3M streams

2,291,092

Two Blue Eyes

956.4K streams

956,350

Boksemdais

Stoom

Biography

“Ek wil onthou word vir die musiek wat ek geskryf het en ek hoop dat hierdie liedjies elke dag mense inspireer om te droom en te lewe.” En dit is juis wat Riaan Benadé reggekry het. Benadé se debuutalbum het in Augustus, 2020 die lig gesien en Spontaan, die titelsnit, is steeds die mees gestroomde Afrikaanse liedjie op Spotify. There Was Jesus, Riaan se weghol duet met Demi Lee Moore, is kort daarna vrygestel. Hierdie liedjie het tot op hede meer as 10 miljoen kyke op YouTube geniet. Sommiges sal egter verbaas wees om te sien watter ander liedjies deel is van dié Nylstroom Country-sanger se oeuvre. Ondermeer Bok van Blerk se Land en Strand (die titelsnit van Bok se gelyknamige VIA-televisieprogram) en Ruhan du Toit se Monumentaal wat hy saam met Gerhard Steyn geskryf het. In 2022 wen Benadé die AITSA-toekenning vir die suksesvolste Afrikaanse snit deur ’n manlike kunstenaar vir Rowwe Bliksem, sy liedjie saam met Jay wat hulle twee ook saam met Marno van der Merwe geskryf het. In 2023 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat deur Spotify self, genader is om ’n eksklusiewe Spotify-enkelsnit vry te stel. Benadé en die Nashville country-ster Ian Munsick, se weergawe van Springsteen se I’m On Fire is einde 2023 vrygestel. Nou na vier jaar se wag, is Riaan se splinternuwe album, Die Lot, uiteindelik oral beskikbaar. Dit beloof om niks minder, as jou hoogste verwagtinge te oortref nie.