Performance
Monthly Listeners
Current
Followers
Current
Streams
Current
Tracks
Current
Global Rank
Current
Listeners 490
Biography
Damian Beer is n jong opkomende kunstenaar met 'n wêreld se ondervinding agter hom. Sy liefde vir musiek het begin op die ouderdom van 4 jaar toe hy begin het met sanglesse by die Gemini Music Academy. Sy bynaam as Klein Kaptein het vinnig versprei wat uiteindelik gelei het tot 'n kontrak by Select Music. Hy het sy debuut album "Klein Kaptein" vrygestel waar hy sy plek by die KKNK se hoof-verhoog losgeslaan het. Sy liefde vir musiek het hom selfs oor die waters geneem na plekke soos Los Angeles, waar hy met groot industrie name gewerk het soos Romeo Johnson (die eerste manlike 'backing vocalist' vir Janet Jackson.) Deure vir die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het vir Damian oopgemaak toe hy aan die gewilde nasionale sangkompetisie deelgeneem het, Die Kontrak seisoen 3. Dis waar hy hand aan hand gewerk het met een van die land se grootste plaatmaatskappye, genaamd Coleske. Met 'n stem van Internasionale standaard het Damian Suid-Afrika betower met sy vokale vermoë en sy unieke vertolking van bekende liedjies.