Performance

Monthly Listeners

Current

Followers

Current

Streams

Current

Tracks

Current

Global Rank

Current

Top Releases

View All

Ek Weet Net Nie

152.1K streams

152,058

Deur Die Vallei

125.1K streams

125,130

Grensbewoner

106.4K streams

106,396

Die Slaapkamer Sessies

96K streams

96,032

Gebede en Briewe

46.4K streams

46,389

Goeie Hande

40.7K streams

40,744

Hier by Ons

34.1K streams

34,054

Naby Jou Wees

31.5K streams

31,537

Laat My Skyn

16.6K streams

16,649

Bliksoldaat

16K streams

16,007

Biography

Op hoërskool in die Oos-Kaapse dorpie, Humansdorp, stig Deon Meiring en twee van sy vriende ’n band, Glaskas. Hulle skryf in vir ’n kompetisie en wen nie, maar dring darem deur tot die finaal. Deon hou aan liedjies skryf en Glaskas hou aan speel – meestal in sy ma-hulle se garage, maar ook soms voor ander kunstenaars wat in Jeffreysbaai, so tien minute van Humansdorp af, kom optree. Na een so optrede by ’n Jan Blohm vertoning stel Blohm vir Glaskas aan ’n goeie ateljee voor om hulle eerste album op te neem. Hulle maak ook hulle eerste musiekvideo, Verloor Myself, en stuur dit vir die destydse musiekkanaal MK. Die video is uiteindelik vir 13 weke nommer een op ’n program waar kykers kan stem vir hulle gunsteling video. Deon se bure is dankbaar hieroor aangesien Glaskas toe minder in die garage en meer op verhoë regoor die land begin speel.

 Op universiteit raak Deon bevriend met Bouwer Bosch en hulle stig die akoestiese duo Dans Dans Lisa. Beide Glaskas en Dans Dans Lisa bied vir Deon uiteenlopende platforms vir die liedjies wat hy skryf, maar steeds is daar van sy musiek wat nie noodwendig by een van hierdie projekte pas nie. So begin hy ook op sy eie musiek maak. Sy debuut EP is Die Slaapkamer Sessies, gevolg deur enkelsnitte Ek Weet Net Nie, Naby Jou Wees en Bliksoldaat asook 'n EP oor Kersfees in Suid-Afrika, Hier by Ons. Sy nuutste EP kom 16 Oktober 2020 uit. Dit het musiek op wat deel is van die nuwe kykNET reeks, Kompleks en sluit 'n lied saam met Koos Kombuis in.