Performance
Monthly Listeners
Current
Followers
Current
Streams
Current
Tracks
Current
Popularity
Current
Listeners 3,812
Top Releases
View AllBiography
William Wolf(gang Loots) ontvang opleiding in ligte musiek en Jazz in 2002 waar hy en sy mede studente die SAMA genomineerde groep Soul Proxy stig. Die groep geniet baie aandag in ’n baie kort tyd met musiek op plaaslik en nasionale televisie- en radiostasies se speellyste. Soul Proxy deel verhoë met die bekende Amerikaanse rock-groep Seether en Grammy bekroonde Amy Lee van die groep Evanescence gedurende 2002/2003 se SA somer toer. As die hoof liedjieskrywer van die Soul Proxy besluit William, wat Afrikaanssprekend is, om in 2008 deel te neem aan die bekende ATKV Crescendo liedjieskryf kompetisie. William wen hierdie selfde kompetisie wat skrywers soos Joe Niemand, Jack de Priester, Reana Nel, Ewald Coleske en vele meer al gewen het. Sy liedjie “Wie is jy” word in die kyknet program AfriVisie in 2015 ingesluit. William word in 2017 vir team Lira gekies tydens sy deelname aan die televisie reeks The Voice. William is tans ’n aktiewe liedjieskrywer, vervaardiger, sessie-musikant en tutor in die Suid Afrikaanse Musiekbedryf. Hy skryf en werk saam met die mees invloedryke musisie en kunstenaars gedurende die afgelope 16 jaar. Hierdie sluit goud en platinum kunstenaars soos Kurt Darren, Fatman, Irene Louis van Wyk, Elizna Theron, Andriette Nornman, Brendan Peyper, Pieter Koen, Willem Botha, Heinz Winkler, Cordelia, Vernon Barnard en vele meer in. William is baie opgewonde om op 'n meer gereelde basis musiek vry te stel.