Performance
Monthly Listeners
Current
Followers
Current
Streams
Current
Tracks
Current
Popularity
Current
Listeners 37,471
Top Releases
View AllBiography
Met ’n string toekennings agter sy naam, is LOKI ROTHMAN geensins ’n nuweling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. OP MY PAD stap al stuk vir stuk saam met LOKI vir die afgelope drie jaar. Met verhoudings as die hooftema vir die album, was LOKI ook geïnspireerd deur sy persoonlike ervaringe en die musiek wat hy onlangs vir flieks en reekse soos ‘Vergeet My Nie’ en ‘Tydelik Terminaal’ gekomponeer het. “Die liedies op die album is vir my ‘real’. Daar is geen ridder op 'n wit perd wat jou gaan kom haal in hierdie liedjies nie. Dit handel oor regte mense en regte verhoudings en situasies wat ek glo meeste mense al in was.” sê LOKI. LOKI het die meeste van die liedjies in sy eie studio opgeneem, in samewerking met Juan Floors Oosthuizen op produksie. By die Coleske Artists se ateljee het hy verder saam met Paulo Azevedo en Arnold Coleske vir stemopnames gewerk. Die album bevat ook samewerkings met ander Afrikaanse legendes soos Laurika Rauch, Riana Nel, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, en sy suster, Margot Rothman. “Ek is vir die eerste keer gemaklik om myself ’n Afrikaanse kunstenaar te noem. My standaarde vir Afrikaanse liedjieskryf is nogals hoog, en ek wou nie ’n Afrikaanse album uitbring voordat ek geweet het ek kan daardie standaarde uitvoer nie. Ek voel ek begin nou met ’n skoon bladsy en ek kon alles wat ek voorheen gedoen het en nie meer van hou nie, met hierdie album regstel.”