Performance

Monthly Listeners

Current

Followers

Current

Streams

Current

Tracks

Current

Popularity

Current

Top Releases

View All

Perfekte Vreemdeling

19.4K streams

19,366

Vir Ewig

11.4K streams

11,406

Todo El Mundo (Dancing In The Streets)...

6.7K streams

6,691

The More I See You

Todo El Mundo (Dancing In The Streets)...

Outnumbered

Todo El Mundo (Dancing in The Streets)

Biography

Lee Scott is beslis een van ons land se voorste vocalists en het sedert sy dae as lid van Hi-5 behoorlik sy stempel as solo-kunstenaar afgedruk. Die ‘all round nice guy’ is al gaande oor sing vandat die gogga hom in Graad 5 met sy eerste solo-optrede gebyt het. Sedertien het hy hom gevestig as musikant en vermaakliheidspersoonlikheid waar hy benoem is vir ‘n Huisgenoot Tempo- en SAMA-toekenning vir Beste Pop album. Sy twee albums, Die Enigste Manier (2010) en Vir Ewig (2013) is baie goed ontvang. Sy enkelsnit, Perfekte Vreemdeling is in 2017 uitgereik en die musiekvideo het kykNET se Musiekvideo Projek-kompetisie in dieselfde jaar gewen en trefferparades landswyd geklim. Hy is ook die aanbieder van SABC2 se musiekranglys, Kliphard. Miljoene rugbyaanhangers het ook sy talent besef toe hy in 2018 die Australiese volkslied in Port Elizabeth gesing het tydens ‘n toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Australië. Einde 2019 het hy sy nuutste enkelsnit, Vry bekendgestel. Hy het ook sy eie musiekskool, Lee Scott Studios waar hy sy wenke met aspirante sangers deel deur sanglesse aan te bied. ook aan verskeie verhoogproduksies deelgeneem, waaronder Abba Magic SA, Reik na die Sterre – Die Musical en vele meer. Lee was ook deel van Jennifer Rush se Suid-Afrikaanse toergeselskap in 2015, het in 2007 vir sewe maande deelgeneem aan konsertoptredes in die Son Amar-teater in Mallorca, Spanje en opgetree tydens promosiebyeenkomste by die 2010 Eurovision Sangkompetisie in Noorweë.