Performance

Monthly Listeners

Current

Followers

Current

Streams

Current

Tracks

Current

Popularity

Current

Top Releases

View All

Hoor Ons!

12.9M streams

12,888,795

De La Rey

9M streams

8,989,536

Afrikanerhart

5.3M streams

5,298,432

Sing Afrikaner Sing

2.3M streams

2,267,401

Dis Wie Ons Is

2.3M streams

2,253,330

My Kreet

1.5M streams

1,523,832

Dis Raak

1.4M streams

1,388,151

Die Afrikaner Maak So

Biography

Hierdie is die vermaaklikste boksoort en is bekend daarvoor dat hy musiek maak wat die kol tref en by alle Suid-Afrikaners aanklank behoort te vind. Hy na skool Boukunde en Konstruksiebestuur gestudeer voordat hy vir sewe jaar lank in die boubedryf gewerk het. Die passie om musiek te maak het hom voortdurend daaraan herinner dat hy iets anders as konstruksie wil doen en teen 2005, het Bok bouwerk van ‘n ander aard aangepak deurdat hy as professionele musikant aan sy bewonderaarsbasis begin bou het. Vele albums en ‘n hele rits toekennings later, is Bok een van die land se mees herkenbare stemme en gesigte in die vermaakwêreld, veral nadat hy oor die laaste drie jaar ook gereeld in Suid-Afrikaanse films te siene was. Bok is ook mal daaroor om saam met ander kunstenaars te werk en het reeds liedjies opgeneem saam met Steve Hofmeyr, Valiant Swart, Robbie Wessels en Die Heuwels Fantasties. Hy is ‘n gewilde persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse media en verskyn gereeld in koerante, tydskrifte en aanlyn, asook op radio en TV. “Dis in my bloed. Ek geniet musiek maak. Geniet is miskien nie ‘n sterk genoeg woord nie. Ek is mal daaroor. Mal daaroor om te sien hoe mense aanklank vind by my lirieke, hoe hulle saamsing… mal daaroor om te hoor by my bewonderaars hoe ‘n liedjie hulle lewe geraak het of net hul gemoedstoestand gelig het. Ek voel geseënd om te kan sê ek geniet wat ek doen.”